top of page

Die Drie Bedienings-Bene van die Gemeente
GLO | BID | VERTROU

Image 1.png

GLO

Ons glo dat God aan elkeen 'n gawe van die Gees gegee het om uit te leef in die gemeente as deel van Sy liggaam.

GLO
  • PEN Sosiale vlinders: Bemarking en Sosiale media (Whatsapp, Facebook, Youtube, Instagram)

  • Die wyse Pêrels bedien die senior lidmate met geselsskap en smaaklike vingerhappies

  • Die Poppe familie is 'n span wat daarvan hou om op die verhoog te speel en die Woord te verkondiging op kreatiewe maniere

  • Klerewinkel bedien mense met goedkoop klere en as jy daarvan hou om mense se glimlagte te sien wanneer nuwe klere gekoop word, dan is die projek vir jou

  • Klank en projeksies (Rekenaar, projeksies en klank tydens eredienste en ander geleenthede)

  • Projekte (Winter projek, kos projek, skoenboks projek en alle ander uitreik-projekte)

  • Vrouebemagtiging (Rings projek wat gemik is daarop om vroue te verseker dat hulle waarde nie in ander mense te vinde is nie, maar in God)

  • Jeug (Ringsprojek wat gemik is op die bediening van die jeug in ons omgewing. Dit sluit selgroepe, fliek aande, sokkies, ens. in)

  • Kerk tuin (Instandhouding en versorging van ons kerk se tuin)

  • Spesiale geleenthede (Geleenthede wat ons gemeentekamp, vakansiedae, verjaardae en ander kerkverwante geleenthede insluit)

Image 2.png

BID

Ons weet dat God elkeen van ons aanhoor in gebed en ons instaat stel om vir mekaar te bid asook vir die gemeente. Ons kom in gebed voor God in afhanklik en gretig om te luister.

BID
Kruiskinders Kategese
  • Kruiskinders (Ons kategese groepe - Gr.R-11)

  • Spesiale Eredienste (Feesvieringgeleenthede soos op die kerkkalender en sinodale biddae)

  • Bybelstudie (Geleenthede waarby ons as God se kinders saam rondom Sy Woord vergader apart van die erediens)

  • Liturgiese ruimte (Die inkorporering van die kerkjaar en geleenthede in die erediens deur simboliek en kleur)

  • Dagbestuur (Soos deur die kerkorde uiteengesit word)

Image 3.jpg

VERTROU

Ons vertrou dat God in elke behoefte van die gemeente sal voorsien solank ons op Hom bou en in Hom bly. Hy lei ons tot meer van Hom en minder van onsself sodat ons dieper in ons geloof en nader aan Hom kan groei.

VERTROU
Categories.jpg
  • Fondsinsamelings (Basaar, mini-basaar, stoepverkopings, R5 bord en alle ander projekte waar daar fondse vir die gemeente ge-in word)

  • Geboue (Onderhoudswerk aan die saal, kerkgebou, pastoriehuise en nismuur)

  • Kantoor (Kerkkantoor werk van die gemeente soos deur die sinodale kantoor uiteengesit en vereis word)

  • Versorging (Gebed, siekebesoek, pastorale nood, geestelike nood en huisbesoek)

  • Kos hulp (Hulp aan mense in die vorm van kospakkies, sopkombuis en klaargemaakte etes)

  • Klerewinkel (Hulp met die insameling en verspreiding van klere aan die gemeenskap)

Mag God te alle tye ons fokus wees. Mag ons GLO dat Hy ons in staat stel om ook binne die gemeente die gawes wat die Gees vir ons gee uit te leef. Mag ons voortdurend en in alle omstandighede BID, omdat ons weet dat niks vir God onmoontlik is nie. Mag ons VERTROU in Sy voorsienigheid, omdat Hy ons nooit alleen laat nie en rig tot gemeente-wees tot eer van Sy Koninkryk.

bottom of page