top of page

Klere Winkel

Image by Nick de Partee

Ons Storie

White Shoes

"Blom waar jy geplant is" 

Die klerewinkel het in 2004 ontstaan. 'n  Klompie vrouens, het die behoefte raak gesien in die omgewing. In die begin was dit moeilik gewees om klere en inkomste te kry, maar met die Here se genade het  Hy 'n talent gegee vir Mara om die winkel se deure oop te hou. Vir 10 jaar was Mara die leier van die "kleregat". Sy het 'n span dames gehad wat haar ook gehelp het in die 'boutique'. Dit is waar die naam "Mara se Boutique ontstaan het.

​

In 2019 neem Mercia die boutique oor en vier jaar later, verander die naam van die klerewinkel na Mercia @ Mara's Boutique. 

Ons glo dat God ons hier geplant het sodat ons kan blom in mense se lewe wat deur 'n moeilike tyd gegaan het. Ons moedig hulle ook aan en herriner mense hoe 'pragtig' hulle is. En so sien ons hoe mense begin blom en verder die saadjies van hoop gaan oes, daar waar hul heen gaan.

​

Vandag word die klerewinkel geseën met die Here se genade wat in ander gemeentes se hart sag gemaak het vir Ngk PE Noord. Sonder die ander gemeents  sou die klerewinkel al lankal toe gemaak het.  

​

Daarom sê ons duisende dankie vir al die ondersteuning wat ons alreeds ontvang het. 

​

​

Ons Vissie:
 

Ons wil graag 'n seën wees tot ander en ons droom is om die warmgevoel van nuwe klere aan 'n mens se lyf te bring vir elke kliënt. En ons gebed is, mag die Here jou koester en bemagtig met die nuwe klere wat jou pragtig laat lyk 

As jy van klere hou en "fashion" dan is die klere projek vir jou! Kom en word deel van die span!

Veel hande is ligter werk!
 

Kleregat.jpeg
bottom of page