NG Kerk

PE-Noord

Omdat God ons bou, maak ons 'n verskil!

Neem kennis:

Eredienste sal vanaf Sondag, 14 Februarie 2021, om 09:00 in die kerkgebou gehou word met 'n maksimum van 50 mense wat die erediens mag bywoon. Alle COVID-19 riglyne sal gevolg word en ons vra elkeen se samewerking ook hierin. Die diens sal ook lewendig oor Facebook live vanaf 09:00 af uitgesaai word en sal later in die dag op ons Youtube kanaal ook beskikbaar wees.

 

Ten spyte van al die beperkinge is ons baie dankbaar dat ons op hierdie manier kan voortgaan met eredienste. Mag God ons seën ook hierin en ons lei tot meer van Hom. Dankie vir elkeen se gebed en bydra tot die gemeente ook in hierdie tyd!

Indien daar nog enige ander onduidelikhede is skakel ons gerus per e-pos of telefonies.

GLO, BID, VERTROU

PE-Noord Groete

Elke Dinsdag

 
 
 

Wie is ons?

Die NG Kerk PE-Noord streef daarna om die hoop wat God vir ons bring aan die gemeenskap en verder aan soveel moontlik mense te bring. Ons kan slegs binne hierdie hoop bestaan omdat God die Een is wat ons deur Sy Heilige Gees in staat stel om dit te doen.

 

Ons dink hier aan die woorde in Lukas 6:47-48 "Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en doen wat Ek sê – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: Hy is soos 'n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe daar 'n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou.”

Mag God ons so bou as gemeente dat ons 'n verskil kan maak daar waar Hy ons elkeen in Sy diens wil gebruik.

 

Raak Betrokke

  • Jeug

  • Eiendomme

  • Musiek

  • Uitreik

  • Versorging

  • Finansies

  • Bemarking

 

Adres:

87 Daltonweg

Sidwell

Port Elizabeth

6001

E-pos:

penoord@telkomsa.net

 

Tel:

041 451 8221

Whatsapp:

061 528 3301

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • kerkaanlyn

© 2021 deur NGK PE-Noord. Geskep met behulp van Wix.com

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now