top of page
Truck Bed Guitar Session

Waarom Belydenis?

Belydenis van geloof

Bible

Waarom?

Ons doen belydenis van geloof omdat ons persoonlik wil hardop bely, met ons mond en hart, voor God en die gemeenskap,

dat ons werklik glo in God die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

Hierdie is 'n geleentheid om in die openbaar te antwoord op die belofte wat God aan jou gegee het, die dag toe jy gedoop was deur jou ouers. Daarom neem jy nou die verantwoordelikheid om verder te groei in  ons geloof deur om jou lewe in te rig volgens die Woord. Jy neem ook nou self verantwoordelikheid om verder Bybelstudie te doen sodat ons dade en gedagtes 'n voorbeeld kan wees om 'n aktiewe getuienis te wees.  

Verder bely jy ook voor God en die gemeenskap dat jy glo ook in 'n algemene kerk, wat bekend staan as die liggaam van Christus, daarom verbind ons aan die kerk. 

​

Waarop antwoord ek?

1. Glo jy in die leer van die OU en NUWE Testamente, en in die belydenisskrifte van ons kerk, dat dit die ware volkome leer van die verlossing is?

2. Beloof jy om as lidmaat van die gemeente van Christus deur Sy genade in die belydenis van die leer tot die eiende van jou lewe te volhard, en alle leringe wat daarvan afwyk, te verwerp?

3. Bely jy dat die Here Jesus Christus jou persoonlike Verlosser is en dat jy Hom lief het? Beloof jy om Hom te dien, Sy Naam getrou te bly voor mense en om aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te neem?

4. Aanvaar jy dat jou medegelowiges die verantwoordelikheid het om jou te help om die regte pad te bly?

Young Businesswomen
bottom of page