top of page

Voedsel bediening

Dumpling Soup

Sop Kombuis

Enige honger mense is welkom om sop en brood te geniet

Ons roeping is om alle mense te bedien met sop en brood. Ons sien baie honger mense in ons omgewing, en ons wil 'n bietjie verligting bring vir honger magies. Sopkombuis is elke Saterdag oggend oop, behalwe wanneer SASSA  oop is. 

Food Spread

Kos Pakkies

Ons storie het begin toe die Covid ons oë en harte oop maak, vir mense wat swaar kry. Ons het saam met NG Kragga Kamma, NG Lorraine en Graskopvoël kerk, hande gevat om 'n bietjie verligting te bring. Elke week word daar baie mense versorg met 'n kospakkie by die kerk.

​

Ons Droom?

'n Vraag wat dikwels voorkom is "hoe voorsien ons mense die vistokke?" Hierdie is die kern van ons droom, ons wil graag verligting bring op die armoede, daarom bly hierdie vraag 'n moeilike uitdaging om ons op die tone te hou. Ons droom is eerder om vistokke te gee deur om die mense te bemagtig sodat ons weg kan beweeg van die "oop hande" 

Maar om hierdie te handhaaf, bou ons eers verhouding met die mense sodat ons die ware behoefte kan bevredig.

​

Dier projek

WhatsApp Image 2022-07-29 at 3.48.53 PM.jpeg

Ontmoet die Span

bottom of page